Universiteit van Cambridge | |
---|---|
University of Cambridge | |
Motto: | Hinc lucem et pocula sacra |
Gestig: | ~1209 |
Studente: | 18 396 |
Ligging: | Cambridge, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Webtuiste: | http://www.cam.ac.uk/ |
Die Universiteit van Cambridge (ook bekend as Cambridge-universiteit) is 'n universiteit in Cambridge, Engeland. Die universiteit is saam met die Universiteit van Oxford een van die twee beroemdste en oudste universiteite van die Verenigde Koninkryk, wat reeds in die 13de eeu begin is. Die twee universiteite staan gesamentlik as Oxbridge bekend. Cambridge-universiteit bestaan uit sowat 30 aparte kolleges.[1]